STAPPE VIR DIE BESTEL VAN E-BOEKE (pdf):

  1. NB: U MOET DIE E-BOEKE IN DIE AANLYNWINKEL BETAAL EN AFLAAI - BOEKE WORD NIE NA DESE AAN U GESTUUR NIE.
  2. Die e-boeke kan op enige slimfoon, tabletrekenaar, rekenaar of "e-reader" afgelaai word.
  3. Kliek op die boek wat u wil bestel - dit word dan in u mandjie gelaai. Boeke is in vol kleur en het 'n volledige inhoudsopgawe met skakels sodat maklik in die boek genavigeer kan word.
  4. Gaan deur die proses en betaal die boek met u PayPal rekening of met u kredietkaart / tjekkaart. Onthou u "password" wat u insluitel want u moet dit later weer gebruik wanneer die boeke afgelaai word.
  5. Kies die "Fluxplayer" opsie vir u rekenaar se OS (Windows, Mac, Android ens) en laai die "FluxPlayer" af.
  6. Gaan nou na die "Start" knoppie in die linkerkantse, onderste hoek van u rekenaar skerm en kliek daarop. Kliek dan op "All programs" en soek daar vir "Fluxplayer" en kliek daarop. Die boek(e) wat u bestel het, word nou binne-in die "FluxPlayer" afgelaai en dan daarin gebruik. Wanneer u die boek die eesrste keer oopmaak in die Fluxplayer, moet u rekenaar aan die internet gekoppel wees sodat die boek afgelaai kan word. Nadat dit afgelaai is, kan u dit weer oopmaak in die Fluxplayer en gebruik sonder dat u rekenaar aan die internet gekoppel is.
  7. Indien u die boeke op 'n volgende toestel (selfoon, tablet) wil aflaai, gaan eers na die "app store" van u toestel en laai die Fluxplayer van daar af op u toestel af (gratis). Laai dan weer die boeke wat u reeds gekoop het af in hierdie Fluxplayer (gratis). U sal dieselfde "password" en e-pos adres moet gebruik as toe u die boeke die eerste keer afgelaai het op u rekenaar.
  8. 'n Harde kopie van al die e-boeke kan uitgedruk word vir eie gebruik, indien benodig.
  9. Indien u enige probleme ondervind met die aflaai of betaal van die boeke, kontak "Support" vir hulp by die e-pos adres support@flickrocket.com. Stel u probleem asseblief in Engels en u sal beslis gehelp word totdat u probleem uitgesorteer is.


Home / Contact Us

© Copyright 2014 | Powered by Yola.com